Under construction

…or more of the same

September 29, 2007 · 14 Kommentaar

Ek het uiteindelik die skuif na wordpress gemaak…en weer begin blog. Of enigiemand omgee hieroor sal ek seker weldra uitvind, maar vir eers gaan ek net aanneem daar is wel mense wat belangstel. Nou dat ek daaraan dink is dié aanname seker die belangrikste grondbeginsel van blogging. Of is dit “do not talk about blogging?” I forget…

In elkgeval, vir die wat wel my vorige blog gelees het – daar sal geen koerantvoorblaaie op hierdie een wees nie. Dalk ‘n goeie ding, maar tog ook hartseer om baai te sê vir iets wat so ‘n groot deel van my lewe was. Wel, is. Tot die 10de Oktober, ten minste.

In tussen sien ek daarna uit om weer ‘n bietjie plesier uit die klein goedjies in die lewe te put. Soos die feit dat my pol wet dosent nou die dag die woord ‘dude’ in ’n lesing gebruik het. Of die feit dat ‘Hokai stop die lorrie’ op my iPod se Top25 playlist beland het. Of, nog beter, hierdie aantekening wat ek in een van my notaboekies ontdek het:

“Hy’s ‘n sluikhaardwelmslaaf met ‘n gesig soos ‘n groot, sweterige kaas.”

(Net vir die rekord, dis ‘n beskrywing van Pete Doherty wat ek in die Huisgenoot ontdek het. Ja, ek koop soms Huisgenoot, en ook nie altyd vir die blokkiesraaisels nie.)

So, ek hoop om dié klein goedjies hier met julle te deel. Ek hoop om nie meer verkleinwoorde te gebruik nie. En, natuurlik – ek hoop iemand gee om en lees tog die ding… :-)

→ 14 KommentaarKategorië Uncategorized

Hello world!

September 30, 2006 · 5 Kommentaar

Welcome to WordPress.com. This is your first post. Edit or delete it and start blogging!

→ 5 KommentaarKategorië Uncategorized