Ek het uiteindelik die skuif na wordpress gemaak…en weer begin blog. Of enigiemand omgee hieroor sal ek seker weldra uitvind, maar vir eers gaan ek net aanneem daar is wel mense wat belangstel. Nou dat ek daaraan dink is dié aanname seker die belangrikste grondbeginsel van blogging. Of is dit “do not talk about blogging?” I forget…
In elkgeval, vir die wat wel my vorige blog gelees het – daar sal geen koerantvoorblaaie op hierdie een wees nie. Dalk ‘n goeie ding, maar tog ook hartseer om baai te sê vir iets wat so ‘n groot deel van my lewe was. Wel, is. Tot die 10de Oktober, ten minste.
In tussen sien ek daarna uit om weer ‘n bietjie plesier uit die klein goedjies in die lewe te put. Soos die feit dat my pol wet dosent nou die dag die woord ‘dude’ in ’n lesing gebruik het. Of die feit dat ‘Hokai stop die lorrie’ op my iPod se Top25 playlist beland het. Of, nog beter, hierdie aantekening wat ek in een van my notaboekies ontdek het:
“Hy’s ‘n sluikhaardwelmslaaf met ‘n gesig soos ‘n groot, sweterige kaas.”
(Net vir die rekord, dis ‘n beskrywing van Pete Doherty wat ek in die Huisgenoot ontdek het. Ja, ek koop soms Huisgenoot, en ook nie altyd vir die blokkiesraaisels nie.)
So, ek hoop om dié klein goedjies hier met julle te deel. Ek hoop om nie meer verkleinwoorde te gebruik nie. En, natuurlik – ek hoop iemand gee om en lees tog die ding…
14 responses so far ↓
Uno De Waal // Oktober 1, 2007 at 7:44 vm
woohhoo well done finally!
btw, kan jy my link verander na http://www.unodewaal.com as jy tyd kry asb
dankie!
Ke // Oktober 1, 2007 at 2:05 nm
scary stuffs…
Johan Swarts // Oktober 1, 2007 at 3:59 nm
presies watse kaas lyk hy na? hmm…intrige…
Annelie // Oktober 1, 2007 at 5:41 nm
Ek sou gaan vir white rock met cranberries…
*shudder
fritzvz // Oktober 3, 2007 at 8:45 nm
Na hierdie artikel voel ek of ons meer in gemeen het. Jy moet nou net snotkop begin luister en langarm!
Johan Swarts // Oktober 5, 2007 at 12:03 vm
snopkop is die shit
Johan Swarts // Oktober 5, 2007 at 12:15 vm
…snotkop, selfs…
Roer // Oktober 22, 2007 at 2:40 nm
‘Dude’ IS ‘n regsterm.
Johan Swarts // November 3, 2007 at 8:19 nm
blog nou, dammit!
Johan Swarts // November 30, 2007 at 9:15 nm
blooooooooooooooooooooooooooooog!
amandzing // April 9, 2008 at 10:40 vm
wat hulle se, begin maar, ons saffies moet bymekaar staan
hoekom bring jy nie jou goed oor van jou vorige blok nie?
kasjoeneut // September 10, 2008 at 8:06 vm
ok. ek is ook nou hier.
Bernard // Oktober 20, 2008 at 6:28 nm
om JS te eggo : “bloooooooooog nou damnit!”
Johan Swarts // December 1, 2008 at 8:10 vm
so wanneer blog jy nou?